T20: Nieu-Seeland klop Australië met 89 lopies

Nieu-Zeeland het hulle aanhangers groot genot verskaf deur die gashere van die T20-Wêreldkampioenskap en verdedigende kampioen, Australië, met 89 lopies te klop. Dié oorwinning in Sidney is die Kiwi’s se eerste sege in Australië sedert 2011 in enige formaat. Tim Southee, wat drie paaltjies vir ses lopies geneem het, was die begin van die Aussies se ondergang. Devon Conway het 92 nie uit nie met die kolf behaal en die Kiwi’s se telling tot 200 vir drie help opstoot. Hulle het Australië toe vir slegs 111 lopies uitgehaal. Engeland het gister in die tweede wedstryd van die toernooi hulle aanslag op die Wêreldbeker begin deur Afghanistan met vyf paaltjies te klop.