Kandjoze het vrede oor C-Sixty maar sê oor Fishrot-lot se aanhouding…

Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor ‘n verklaring wat deur die leier van die PDM, McHenry Venaani, uitgereik is. Venaani vra dat daar dieper ondersoek moet ingestel word na die betrokkenheid van Kandjoze, destyds die minister van myne en energie, en die aanstelling van Fishrot-beskuldigde Sacky Shangala se maatskappy C-Sixty om diamantwaardasies vir Namdia te doen. Kandjoze sê hy het vrede in sy hart oor die saak maar, maak toe melding van die Fishrot-aangeleentheid…