Klein toename in Covid-gevalle in SA, plaaslik is gevalle rondom 27

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het ‘n effense toename in nuwe Covid-19-infeksies aangemeld wat deur die minder ernstige Omikron-subvariante veroorsaak word. ‘n Woordvoerder, Foster Mohale, sê hulle monitor nuwe besmettings in verskeie provinsies, insluitend die Wes-Kaap, Gauteng, Limpopo en die Oos-Kaap. Mohale doen ‘n beroep op mense om steeds sommige van die veiligheidsmaatreëls na te kom. Hy beklemtoon hoewel daar nie rede vir paniek is nie, is die pandemie ver van verby. In Namibië het die jongste WGO-verslag aangedui dat daar rondom 27 positiewe gevalle was.