T20: Ierland verslaan legendariese Engelse span

Ierland het ‘n beroemde oorwinning oor die magtige Engeland aangeteken in hul reën-ontwrigte T20 Wêreldbeker-wedstryd in Melbourne, Australië. Die Iere het goed begin en 103 vir een vanaf 12 boulbeurte bereik voordat die paaltjies begin tuimel het, en hulle vir 157 uitgeboul is. Dit was egter meer as genoeg, want Engeland was net ses lopies weg vanaf hul Duckworth/Lewis-teiken van 111. Vandag se tweede wedstryd, ook op die MCG, kon weens reën nie betyds begin nie. Suid-Afrika speel môre in Sydney teen Bangladesj.