Mpho steeds uit haar kantoor uitgesluit

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê sy het steeds nie toegang tot haar kantoor nie. Die Hooggeregshof in die stad het gister beslis haar verwydering uit die amp was onwettig. Phalatse sê met haar aankoms by die kantoor was dit duidelik dat die slotte verander is en die sleutels was nie beskikbaar nie. Sy sê haar span sal afstandswerk doen terwyl daar aandag aan die saak gegee word: