!Gawaxab verduidelik 0,75% styging in repokoers

Die terugkoopkoers is met 75 basispunte verhoog. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab het pas die aankondiging gemaak. Die nuwe koers is dan 6,25 persent, in lyn met die koers in Suid-Afrika. !Gawaxab sê daar is nog risiko’s in die kort- en mediumtermyn.