T20: Engeland is gelykop met Nieu-Seeland, Australië

Die groot wedstryd van die dag op die T20 Wêreldbekertoernooi in Australië was tussen Engeland en Nieu-Seeland in Brisbane. Engeland het gekies om te kolf en het in ‘n wedstryd wat hulle moes wen 179 vir ses aangeteken, met ‘n vyftigtal elke vir Alex Hales en Jos Butler. Die Swart Pette het geantwoord met 50 van Glenn Phillips, maar is beperk tot 159 vir ses. Engeland het met 20 lopies gewen en is nou gelykop met Nieu-Seeland en Australië bo-aan Groep Een. Engeland se kaptein Butler was die speler van die wedstryd: