Dalk word misdaad in Zambezi verpolitiseer?

Misdaad in die Zambezi-streek bly in die nuus. Die polisie-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo was ook onlangs op streeksbesoek in die verband. Daar word berig Zambiërs kom die land onwettig binne met smokkelgoedere en steel ook vee en motors, onder andere. Die stigter van Namibian Lives Matter in die streek, Sinvula Mudabeti sê dat terwyl dit ‘n polisie-aangeleentheid is, word die misdaad ook verpolitiseer omdat inwoners van die streek noue bande met Zambiërs het.