Nersa besluit môre oor Eskom se tariefverhoging

Die buurland se Nasionale Energie-reguleerder, Nersa, sal môre besluit oor of ‘n tariefverhoging van 32 persent aan Eskom toegestaan sal word. Eskom het verlede jaar sy prysbepalings-aansoek vir die volgende paar jaar by Nersa ingedien. ‘n Verhoging van 32 persent sal verdere druk plaas op verbruikers wat reeds sukkel om kop bo water te hou. Die onafhanklike ekonoom en energie-ontleder, Tshepo Kgadima, sê die elektrisiteitstarief het die laaste tien jaar met ‘n reuse 753 persent gestyg. Indien die verhoging van 32 persent toegestaan word, beteken dit ‘n styging van 990 persent binne 11 jaar. Kgadima sê geen ekonomie kan mededingend wees of sy nywerhede uitbrei met sulke drastiese kragtarief-verhogings nie.