Swendelaars teiken Namibiese werksoekers

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het al talle klagtes ontvang van werksoekers wat slagoffers geword het van swendelaars wat vir hulle poste in die dienste teen betaling sou fasiliteer. Die slagoffers het goedsmoeds geld aan vreemdelinge betaal ná 200 poste in September verlede jaar geadverteer is. Die kommissaris-generaal van die dienste, Raphael Hamunyela, waarsku die publiek om geen betalings aan skelms te maak nie.  

Die kommissaris-generaal sê hulle is oorval met aansoeke en die kortlys vir kandidate vir onderhoude sal volgende week vrygestel word.