Inwoners van Moses //Garoeb-kiesafdeling traag om te stem  

Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië is inwoners van die Moses //Garoeb-kiesafdeling in Windhoek traag om in vandag se tussenverkiesing te stem. Die tussenverkiesing is genoodsaak weens die dood van die kiesafdelings-raadslid, Aili Venonya, in Oktober verlede jaar. Ná Venonya se afsterwe het die kiesafdeling geen raadslid gehad nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Rakondjerua Kavari, verkiesingsbeampte by die kiesafdeling in Windhoek, gepraat oor hoe die stemproses verloop.