Stad Kaapstad spog met Identikidz  

Die Stad Kaapstad is trots op die sukses van sy Identikidz-program. Die stad het op sy strande armbandjies verskaf vir meer as 92 000 kinders om te sorg dat hulle weer by hul ouers kan uitkom sou hulle wegdwaal. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê 369 kinders is suksesvol herenig, maar die meeste van dié wat geskei was van hul gesinne het nie armbandjies gedra nie, wat dit moeiliker gemaak het om hulle versorgers op te spoor.