Swendelaars eis geld om verkeersboetes te betaal

 Die Namibiese polisiemag in die Erongo-streek het lede van die publiek gemaan om waaksaam te wees teen swendelaars wat betalings vra vir beweerde verkeersboetes en lasbriewe vir inhegtenisneming. Nampol se bevelvoerder vir gemeenskapsake in Erongo, inspekteur Ileni Shapumba, sê talle klagtes is ontvang oor swendelaars wat hulself telefonies as polisiebeamptes identifiseer en geld van die publiek eis. Hy beklemtoon dat Nampol nooit enige iemand sal bel oor ‘n uitstaande lasbrief vir arrestasie en enige betaling per e-Wallet of enige ander vorm van aanlyn transaksie sal eis nie.