Stem vir Mej. Namibië op Mej. Heelal-webtuise

Mej. Namibië 2022, Cassia Sharpley is in die Amerikaanse stad New Orleans, Louisiana, om Namibië by die Mej. Heelal-kompetisie te verteenwoordig. Die 71ste Mej. Heelal word op 14 Januarie gekroon. Die Namibiese Uitsaaikorporasie, NBC, se raadsvoorsitter, Lazarus Jacobs, versoek Namibiërs om vir Cassia op Mej. Heelal se webtuiste te stem om die semi-finaal van dié skoonheids-kompetisie te haal.