Duidelikheid oor e-tolskuld gevra

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, vra duidelikheid oor die omvang van Gauteng se bydrae om die e-tolskuld te vereffen en hoe die voorgestelde terugbetaling gaan werk. Hulle hoor voortdurend dat die regering en Sanral se tegniese span steeds onderhandel oor ‘n finale ooreenkoms vir die afskaffing van e-tol. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die regering is steeds verward en onvoorbereid wat betref die afhandeling van Sanral se e-tolskuld en wat gedoen moet word om die stelsel finaal te sluit.