Sweedse kletsrymer dood in bendegeweld

‘n Bekroonde tiener-kletsrymer, bekend as Einar, is in ‘n skietvoorval in Swede dood. Die 19-jarige, wie se regte naam Nils Kurt Erik Einar Gronberg is, was een van Swede se gewildste musiekkunstenaars. Hy is in die voorstad Hammarby, suid van sentraal-Stockholm, deur verskeie koeëls getref en is op die toneel dood. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar volgens die plaaslike media was die skietaanval waarskynlik bendeverwant. In ‘n ander voorval verlede jaar, het mededingende kletsrymers Einar aangeval en ontvoer. Hulle het bande met ‘n bende in Stockholm gehad.