Nam-jeugleiers ontmoet met Ghana beleggingsfonds

Namibiese jeugleiers het ontmoet met verteenwoordigers van die Ghana beleggings bevorderingsentrum. Volgens Daisry Mathias, die presidensiële jeugadviseur is ‘n ooreenkoms vir samewerking voorgelê en sal binnekort bekragtig word wanneer die leiers weer bymekaar kom. Betrekkinge met Ghana is sedert die bekragtiging van die Afrika-vryhandelooreenkoms versterk. Meatco het ook vroeër vanjaar die land besoek as ‘n moontlike mark vir Namibiese beesvleis.