Chinese regering beperk huiswerk

Die Chinese regering het nuwe wetgewing van krag gemaak wat huiswerk beperk. Owerhede het die afgelope tyd ingegryp met wat hy beskryf as beheer oor die jeug. Videospeletjies is eerste beperk na ‘n uur daagliks net van Vrydag tot Sondag en het ook opdrag gegee dat manlike sportsoorte by skole aangebied moet word om jong Chinese mans meer manlik te maak. Intussen kan ouers ook verantwoordbaar gehou word vir kinders se swak gedrag. Die jongste wetgewing hou streeksregerings verantwoordelik daarvoor om die tyd wat kinders op huiswerk en naskool-klasse spandeer te beperk. Die regering sê kinders moet kan ontspan.