Swartbooi praat oor media, Swapo-sjabloon

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi het vanoggend gereageer op aantygings deur die media-vakbond dat LPM hulle graag teister en boelie. Dit kom Nampu se verklaring dat LPM-lid en Windhoek-burgemeester Sade Gawanas ‘n joernalis se selfoonnommer op haar sosiale media platforms gedeel het. Swartbooi sê nie alle joernaliste kan onder dieselfde kam geskeer word nie.

In verband met die afdanking van sy Keetmanshoop raadslid, sê hy die Swapo-sjabloon is nie welkom by die LPM nie.