Namcor is kommersiële entiteit, nie reguleerder nie

Die nasionale petroleumkorporasie Namcor sê hy is nie die reguleerder van die brandstof en petroleum bedryf nie. Die maatskappy is ‘n kommersiële entiteit en volgens sy besturende direkteur Immanuel Mulunga sê hy sal aanhou met sy uitbreidings in die verband. Die aanmerkings kom na die kleinhandel bradnstofbedryf gekla oor Namcor se uitbreidings en dit as onregverdig beskryf het. Kosmos 94.1 Nuus het met Paulo Coelho, woordvoerder by Namcor, gepraat.