Matie kry vyf dae om te appelleer teen skorsing

Die gesin van ‘n student van die Universiteit Stellenbosch wat betrap is toe hy op ‘n medestudent se lessenaar urineer het, beplan om te appelleer teen die besluit om hom permanent te skors. Theuns du Toit is tydens ‘n dissiplinêre verhoor skuldig bevind aan oortreding van die universiteit se algemene reëls en waardes. Daar is beeldmateriaal wat wys hoe hy op die eerstejaar landboustudent, Babalo Ndwayana, se lessenaar, skootrekenaar en boeke urineer. Volgens ‘n dokument van 23-bladsye wat die gesin ontvang het, is Du Toit vyf dae gegun om teen sy verbanning te appelleer.