Swartbooi gesels oor grond vanaf Pan-Afrika-parlement in Jhb

Grond is ‘n uitdaging regoor die Suider-Afrikaanse streek. Dit is die standpunt van die leier van die LPM-party Bernadus Swartbooi. Swartbooi is vroeër vanjaar saam met die adjunk-speaker Loide Kasingo en PDM-president McHenry Venaani genomineer om op die Pan-Afrika-parlement te dien. Swartbooi beywer vir die kwessie van voorvaderlike grond. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus vanuit Johannesburg, waar hy tans sessies van die parlement bywoon, gesels.

Hy sê die waarde van grond moenie onderskat word nie en dus, sal dit altyd ‘n belangrike kwessie bly.