Finansiële bystand deur landbouministerie is fopnuus

‘n Facebook-plasing wat voorkom om van die landbouministerie te wees en finansiële bystand vir boere aanbied, is fopnuus. Volgens die plasing het die ministerie ‘n ooreenkoms met Farmers Business Network en ander aangegaan om kleinskaalse boere, sowel as agri-besighede en besigheid ontwikkelingsmaatskappye by staan met ‘n nuwe befondsingsprogram. Daar is ‘n skakel met ‘n vorm wat ingevul moet word. Die ministerie se woordvoerder Jona Musheko sê dit is vals.