Transgender Thaise mediamagnaat koop Miss Universe

’n Transgender Thaise mediamagnaat het die Miss Universe-organisasie vir 20 miljoen Amerikaanse dollar gekoop. Jakapong ‘Anne’ Jakrajutatip is die uitvoerende hoof en grootste aandeelhouer van JKN Global Group. Sy is baie bekend in Thailand en word ook in realiteitsprogramme in daardie land gesien. Sy was uitgesproke oor haar ervaring as ‘n transgender-vrou en het ook die Life Inspired For Thailand-stigting op die been gebring om te pleit vir die regte op waardigheid en geleenthede vir transgender-mense. Die jaarlikse skoonheidskompetisie wat deur die organisasie bestuur word, word in 165 lande uitgesaai en is in sy 71ste jaar.