Inflasie vir Augustus is 0,5% hoër 

Inflasie vir Augustus is op 7,3 persent gemeet teenoor 6,8 persent wat in Julie aangeteken is en 3,4 persent wat verlede jaar Augustus aangeteken is. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die syfers bekend gemaak. Oudergewoonte het vervoer en voedsel die meeste bygedra met vervoer op 3,3 persent en voedsel op 1,6 persent. Die agentskap sê in terme van sonale inflasie het verbruikers in Khomas die duurste in die land betaal vir wit brood, teen 12 dollar 87 sent, en sonneblom-olie teen 41 dollar 74 sent vir 750 milliliter.