Swapo se sentrale komitee-vergadering skop af

Swapo se sentrale komitee-vergadering het in die hoofstad afgeskop om sy nominasies vir die top-vier posisies in die party vir die November-kongres te finaliseer. Party-president Hage Geingob het die vergadering amptelik geopen en aspirant-kandidate aangemoedig om hulself agter die wenner te skaar, wie ook al wen, en ‘n nederlaag te aanvaar. Hy sê daar is net een wenner. Die politburo het reeds vroeër die week sy nominasielys voltooi. Die saak is uiters belangrik omdat daar verwag word dat die vise-president van die party, Swapo se presidensiële kandidaat vir 2024 sal wees.