Sewes-rugby: SA vrouespan steeds segeloos

Sewes-rugby: Suid-Afrika se vrouespan is steeds segeloos in die Wêreldbeker-sewestoernooi nadat die span vandag teen Japan vasgevalhet. Japan het die kragmeting in die kwarteindronde van die Uitdaag-trofee met 14-12 gewen. Die Suid-Afrikaners se besluitneming op kritieke tye het hulle liederlik in die steek gelaat. Suid-Afrika speel vanmiddag half-vier teen Colombië in ‘n uitspeelwedstryd. Die nasionale span het Vrydag met 0-29 teen Frankryk verloor.