Swapo se konsepresolusies mik hoog

Swapo se konsepresolusies na sy afgelope kongres stel hoë teikens daar. Volgens wat berig word het die party beslis dat die omstrede FIMA-wetgewing, wat pensioenfondse terughou voor aftree-ouderdom, op ys geplaas moet word omdat dit die party in ‘n slegte lig stel. Die party het ook teikens vir water en grond en poog om in die volgende vyf jaar toegang tot drinkwater in landelike gebiede te versnel deur ‘n boormasjien in elke te streek te hê. Watersekuriteit moet teen 2030 in plek wees. Die party wil ook ten minste 75 persent van die resolusies van die tweede grondkonferensie implementeer. Die party wil hê die regering moet ‘n behuisingsubsidie daarstel vir alle Namibiërs as gevolg van die behuisingskrisis met 300 000 mense wat wag op huise en 40 persent van Namibiërs wat in informele nedersettings woon. Die wagperiode vir landbougrond moet ook verminder word na drie maande. Universele gesondheidsdekking moet teen 2030 geïmplementeer wees.