Kinderonderhoud bly uitdagend in die land

Die Namibiese ministerie van justisie sê kinderonderhoud bly ‘n uitdagende saak maar op Swakopmund by die hof, blyk dinge om beter te vertoon. Net 10 persent van betalers het tussen Januarie 2020 en April 2021 het versuim om hul pligte na te kom en in 2 persent van gevalle het vaders die toestaan van onderhoud uitgedaag as gevolg van kommer oor vaderskap. Die ministerie het aan die einde van 2019 ondersoekers aangestel om diegene wat nie onderhoud ingevolge ‘n hofbevel betaal nie, op te spoor. Die ministerie sê verder die wet laat toe dat vaders wat vir hulle kinders sorg, ook onderhoud by die moeder van die kind mag eis alhoewel dit baie skaars is in Namibië. Op Swakopmund het net vyf vaders in 2020 onderhoud van die moeders van die kinders geëis.