Met ‘n selfoon bestuur is soos dronkbestuur

Talle Namibiërs gaan die Desembervakansie reis en ‘n beroep word op bestuurders gedoen om veilig te bestuur en nie te drink en bestuur nie. Baie ongelukke word aangemeld wat moontlik deur bestuur onder die invloed van alkohol veroorsaak is. Lewensbreier, Nanti van Aswegen, hoof van Wait Till 8, sê  dat dit nie altyd die geval is nie. Navorsing toon dat talle padongelukke gebeur as gevolg van die gebruik van ‘n selfoon terwyl jy bestuur.