Swapo se interne veldtogte skop Woensdag af

Die Swapo Party se sentrale komitee het Sondagmiddag ‘n perskonferensie gehad waar hulle aangekondig het dat die party hul interne veldtogte op 14 September van stapel sal stuur wat in die Khomas-streek begin. Hilma Nicanor, partysekretaris vir inligting en mobilisering, sê die sentrale komiteevergadering het ‘n beroep gedoen op die bevordering van eenheid binne die party. Nicanor sê die departement van regsake is ook aangesê om veldtog-reëls te aanvaar voordat die veldtogte van stapel gestuur word.