Psigiatriese pasiënt verwurg deur sy kamermaat

‘n Pasiënt in die psigiatriese hospitaal in Windhoek, die 30-jarige Petrus Geingob het gesterf het nadat hy na bewering deur sy kamermaat verwurg is. Na bewering het die geregistreerde verpleegster na die kamer gegaan om medikasie aan die twee pasiënte te gee, maar afgekom op Geingob wat reeds dood was. Sy naasbestaandes is deur hospitaalpersoneel gekontak en van sy dood ingelig. Die 27-jarige verdagte word steeds in die psigiatriese hospitaal aangehou, hangende die nodige aanhoudingsdokumente wat vandag by die hof verkry sal word. Die polisie-ondersoek duur voort.