Swapo se dinkskrum hou slypskool

Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa sê sy het geen twyfel dat die hoop van die nasie in die party lê om die maatskaplike kwessies van Namibië op te los nie. Sy het die Swapo-party se dinkskrum tydens ‘n slypskool die naweek toegespreek en gesê die dinkskrum se navorsing sal bydra tot besprekings by die beleidskonferensie en sewende kongres van die Swapo-party. Shaningwa sê die dinkskrum is die oë en ore van die party wat advies aan die leierskap gee en beleid vir die Namibiese samlewing bepaal.