Swapo sê beledigings teen Geingob is onaanvaarbaar

Die streekskoördineerders van die Swapo-party in Khomas het in ‘n verklaring skerp gereageer op die voormalige Swapo minister Kazenambo Kazenambo se aanmerking dat President Hage Geingob ‘n idioot is en ongeletterd is. Kazenambo het die aanmerkings gemaak in verband met die ooreenkoms met Duitsland vir vergoeding vir die volksmoord. Swapo sê die tipe van beledigings teen ‘n president is onaanvaarbaar en is in werklikheid ook ‘n aanval op almal wat vir Geingob gestem het. Die Forum vir Duitssprekende Namibiërs het ook vroeër in ‘n verklaring gesê Kazenambo se dreigement dat hulle grond in Duitse besit in die land sal afvat is onproduktief en ondersteun geen versoening nie.