Ivermektien: daar is nie genoeg data nie

Die ivermektien debat duur voort en die plaaslike Medisyne Beheerraad het in ‘n verklaring gesê daar nie genoegsame data beskikbaar is om die gebruik van die middel teen Covid te ondersteun nie. Die raad sê die beskikbare studies het wydlopende dosisse benut en verder, dat talle ander medikasie saam met die middel in die studies gebruik is. Verdere navorsing is nodig om ‘n gevolgtrekking te kan maak. Ivermektien as veeartseny produk is plaaslik beskikbaar maar die tablet-vorm van die medikasie, wat gebruik word om inwendige parasiete in mense te behandel, is nie vir gebruik in Namibië goedgekeur nie. Dertig privaat mediese praktisyns het onlangs ‘n versoekskrif aan die raad gerig om ivermektien vir menslike gebruik goed te keur.