Recon sê hy tree volgens wet op

Die parlementêre staande komitee vir natuurlike hulpbronne het ‘n verhoor gehou met ‘n groep organisasies wat ReconAfrica se soektog na olie in die Kavango-streek teenstaan. ReconAfrica, ‘n Kanadese olie- en gasmaatskappy, het aangekondig dat olie- en gas gevind is, wat ‘n bewys is van ‘n werkende petroleumstelsel in die Kavango-kom. Ndapewoshali Shapwanale, woordvoerder van ReconAfrica, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle bewus is van die situasie en dat die maatskappy sy standpunt handhaaf dat hulle volgens die wette opgetree het.