Swapo raak senuagtig vir landsburgers – kenner

Dit wil voorkom asof die regering effe senuagtig is vir optogte en protesaksies. Daar is kort na President Hage Geingob se staatsrede op 15 April tydelike versperring aangebring by die parlementstuine in die hoofstad. Dit is steeds in plek en nou word ‘n permanente heining om die tuine opgerig. ‘n Parlement is veronderstel om die volk van die land te verteenwoordig en ‘n plek van die mense te wees en verder, talle Windhoekers het dit geniet om in die tuine te ontspan. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê die regering beweeg stelselmatig verder weg van die landsburgers.