Swapo Party Jeugliga se sentrale komitee vergader

Die Swapo Party Jeugliga se sentrale komitee kom in die hoofstad byeen en sal na verwagting lede van die nasionale uitvoerende komitee en 15 afgevaardigdes kies wat sy vaandel by die komende Swapo-verkiesingskongres sal dra. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het die hoofrede gelewer. Sy sê haar teenwoordigheid by die jeugliga se vergadering is nie om steun te soek om haar rol as Swapo se hoof-administrateur te behou nie. Volgens Shaningwa berus dit op Swapo-lede of sy die pos behou of nie. Sy sê Swapo moet oorleef, met of sonder haar.