Britse brandweer red koei uit boom

‘n Brandweerspan in Engeland kon daarin slaag om ‘n koei uit ‘n boom te verwyder nadat die dier ʼn klein probleempie teëgekom het. Die bemanning van Hampshire en Isle of Wight se Brand en Redding het skertsend gesê die voorval was ʼn uitdaging op vier bene, nadat hulle ure lank geswoeg het om die koei se kop te probeer bevry. Hulle is bygestaan deur ʼn kenner op die bevryding van diere, Mark Compton, wat aan hulle beduie het hoe om die boom te snoei om die koei te bevry. Foto’s op sosiale media wys ʼn redelik bedremmelde koei.