Beurtkrag: Fase 6 tot môre

Eskom het aangekondig hy sal beurtkrag die naweek tot fase vyf verlaag. Die kragvoorsiener het bevestig fase ses duur voort tot vyf-uur môreoggend. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die verhoogde kragonderbrekings is te wyte aan die uitputting van die begroting om diesel te koop vir die oopsiklus-gasturbines. Hy sê Eskom word gedwing om die oorblywende dieselvoorraad te hou vir uiterste noodsituasies: