Swapo moet kandidaat kies wat party kan verenig, lei

Die bekende politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah sê Swapo het ‘n verantwoordelikheid om die korrekte leier te kies. Die party se politburo vergader vandag om ‘n vise-president, sekretaris-generaal en adjunk-sekretaris-generaal vir die party te nomineer. Na vandag se vergadering en nominasies sal die party se sentrale komitee die naweek vergader om nog nominasies te bespreek. Hage Geingob is party-president en dit blyk asof hy in die amp sal bly na 2024 wanneer sy termyn as landspresident tot ‘n einde kom. Daar word verwag dat die party se vise-president Swapo se presidentskandidaat sal wees. Kamwanyah sê die kandidaat moet die party verenig.