Swapo loop Ekandjo-sperdatum mis – Metcalfe

Richard Metcalfe, die prokureur van die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo, sê hulle het nog geen antwoord van die party ontvang oor sy kandidaatskap vir die pos van vise-president van Swapo nie. Ekandjo eis dat hy ingesluit word as moontlike kandidaat met die uittrede van verdedigingsminister Frans Kapofi uit die wedloop. Metcalfe sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hulle vir Swapo en sy prokureurs genoeg tyd gegee het om te reageer en nou neem hulle die volgende stap deur die hof te nader.