Hersov waarsku Motsepe oor befondsing van ANC

Die Suid-Afrikaanse miljardêr Rob Hersov het sy eweknie en landgenoot Patrice Motsepe gewaarsku teen sy aanhoudende finansiële steun aan die ANC. Hy sê Motsepe moet afstand doen van die regerende party en sy lidmaatskap beëindig. Hersov is van mening dat hy misdadigers befonds wat nou die regering oorgeneem het. Hy sê hy hoop befondsers gee geld aan opposisiepartye om ‘n “reënboog-koalisie” te skep wat die land sal regeer sonder die ANC.