Nam-owerhede het nie TB-data vir ’21 nie

Die jongse TB-verslag van die Wêreldgesondheidsorganisasie, vir 2021, is bekend. Daar is nie veel data oor Namibië nie omdat owerhede nie data beskikbaar gestel het nie maar, die land het steeds tussen 300 en 500 gevalle per 100 000 inwoners en sukkel steeds met TB onder pasiënte wat MIV-positief is. Sterfgevalle en nuwe infeksies vir 2021 is nie bekend nie. In die buurland het 304 000 Suid-Afrikaners die siekte gedurende die jaar opgedoen met 56 000 wat gedurende die jaar gesterf het. Beide Suid-Afrika en Namibië neem deel van die 2030-doelwit om TB-sterftes met 90 persent teen daardie tyd te verminder.