Swapo het sy pad verloor, veilige plek vir elites geword – partyveterane

‘n Groep Swapo-veterane, wat volgens berigte deur oud-premier Nahas Angula gelei word, het ‘n versoekskrif opgetrek oor die stand van sake in die regerende party. Oud-ministers soos Isak Katali en ander afgetrede regeringslui wat Peter Mwatile en Helao Ndadi insluit, sê Swapo het sy ideologiese rigting verloor en het ‘n veilige plek vir die elite geword. Daar is geen samewerking in die party nie. Die party sê dinge het begin om uitmekaar te val nadat Hifikepunye Pohamba die leisels aan Hage Geingob oorhandig het. Die aankondiging is gevolg op kritiek teen Angula vanaf die Presidensie oor sy aanmerkings oor Jerry Ekandjo. Volgens wat berig word meen Angula daar word teen Ekandjo in partygeledere gediskrimineer. Ekandjo poog om ‘n kandidaat vir die party se vise-president te wees nadat verdedigingsminister Frans Kapofi onttrek het. Sy voorland word môre deur die party se sentrale komitee bespreek.