Liz Truss: Opposisie sê ‘n kop blaarslaai regeer tans die land

Die parlementslid van die Arbeidersparty in Brittanje, Chris Bryant het met Britse media gepraat oor die chaos in Liz Truss se regering. Onlangs het die Daily Star ‘n kop blaarslaai langs ‘n foto van Truss geplaas en gevra, wie sal langer hou… Bryant sê daar is tans geen regering in die land nie maar hy het dit baie kleurvol verwoord.