Minimumloon: Geen rede vir SAN om vir ministerie te wag

Die Namibiese arbeidsministerie sê daar is geen rede vir die Sekuriteitsvereniging van Namibië om nie voort te bou op sy ooreenkomste in verband met ‘n minimumloon vir die industrie nie. In ‘n verklaring sê die ministerie dat sy minister, Utoni Nujoma, reeds die verslag van die minimumloon-kommissie ontvang het en dat die nagegaan word, maar dit is nie korrek om te sê dat die vereniging op die regering wag vir ‘n minimumloon-bepaling nie. Die ooreenkoms wat die vereniging beklink het en wat in 2017 in die staatskoerant gepubliseer is, toon ook dat die partye nie later as 1 Augustus 2018 weer sou begin onderhandel rakende ‘n minimumloon vir die bedryf.