Swapo het net N$6m Fishrot-fondse ontvang

Die ouditeursfirma Deloitte het bevestig dat Swapo net meer as 6 miljoen Namibiese dollar van die Fishrot-fondse ontvang het. Die inligting is vervat in sy Fishcor-verslag in Junie vanjaar. Een van die Fishrot-beskuldigdes, Mike Nghipunya het in sy borgaansoek in die hoërhof getuig dat Swapo ongeveer 81 miljoen dollar ontvang het. Maar Deloitte het vanaf Fishcor, net die 6,19 miljoen dollar oorbetaling aangeteken. Die fondse is deur Maren de Klerk aan Swapo oorbetaal.