Ongelukke, veediefstal, verkragtings ens., regoor die land aangemeld

Die Namibiese polisie het talle motorongelukke oor die naweek aangemeld, met verskeie verkragtings en rooftogte wat deel vorm van die weeklikse misdaadverslag. ‘n Angolese burger is ook in hegtenis geneem nadat hy 25 bokke by Nkurenkuru gesteel het. Net een karkas is gevind en die man sal na verwagting vandag in die hof op Rundu verskyn. Op Ondangwa is ‘n 19-jarige meisie tans onder polisiebewaking in die hospitaal op die dorp nadat sy gepoog het om haar pasgebore baba agter die Sun Square-inkopiesentrum te los. Volgens die polisie is beide die meisie en die baba in ‘n bestendige toestand in die hospitaal.