Leonard: polisie het situasie onder beheer

Volgens die Namibiese polisie is die geweld en onrus wat die naweek op Leonardville voorgekom het, toe sommige inwoners gewelddadig teenoor die polisie opgetree het oor ‘n persoon wat aangekeer is omdat hy onwettig alkohol verkoop het sonder ‘n lisensie, kommerwekkend. Verskeie beamptes van Gobabis is na Leonardville ontplooi om plaaslike beamptes te help. Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die situasie onder beheer is…